President Cyril Ramaphosa het by sy besoek aan die Nampo-oesdag gesê dat die Afrikaners wat vlugtelingstatus in Amerika opgeneem het nie die veranderings in die land steun nie en daarom weghardloop.
Hy het ook na hulle as lafaards verwys.
Ramaphosa het vlugtig met Graan SA vergader vóór hy die landbou-ekspo vir die eerste keer in twee dekades besoek het. Hy’t gesê dat hy die oesdag as boer en nie as president nie bywoon.
Nampo word van vandag af tot Vrydag in Bothaville in die Vrystaat aangebied.
One Response
Lafaards is mense wat ons geld steel en sorg dat hulle daarmee wegkom. Met al daardie geld sou dit nie nodig wees om ander weivelde te probeer nie. Lafaard is n leier wat nie teen sy eie Zondo groep kan optree nie. Lafaard steek geld in sy meubels weg. Wag, laat ek ophou met die lys.