Die Nasionale Gesondheidsorglaboratorium sê agt van die land se nege provinsies skuld hom nagenoeg agt-komma-nege-miljard rand.
In ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee het die laboratorium – wat noodsaaklike dienste aan die gesondheidsorg- en regsplegingsektor lewer – gemeld dat dit net die Wes-Kaap is wat hom nie geld skuld nie.
Volgens die laboratorium se uitvoerende hoof, dr. Koleka Mlisana gaan die regering se begrotingsinperkings – wat verlede jaar aangekondig is – dwaarskynlik daartoe lei dat dié skuldvlakke gaan verhoog.
Mlisana het ook daarop gewys dat dié organisasie slegs toegelaat is om ‘n verhoging van 1% vir die nuwe boekjaar in werking te stel.