Luister nou

Pretoria se baba-sebra kry uiteindelik ‘n naam

12 Januarie 2024

Op ‘n ligter noot het die Tshwane-metroraad gesê hy is oorweldig met voorstelle vir ‘n naam vir ‘n nuwe aankomeling by sy Klapperkop Natuurreservaat.

Arielle die wenner van die kompetisie.

Die raad het in Desember ‘n kompetisie uitgeskryf om ‘n naam vir dié sebra te kry – waarin die wenner twee nagte se verblyf vir vier mense by die metro se Rietvlei Natuurreservaat kon wen.

Meer as 300 inskrywings is ontvang met die name Jabari, Khumba, Kunye en Oreo wat ook as finaliste oorweeg is.

Die vul sal voortaan Kamari heet.Dié naam – wat sy oorsprong in Swahili het – beteken “Die Maan”.

Dit is voorgestel deur ene Arielle van Sunnyside wat die dier se voorkoms vergelyk het met die nag se hemelruim.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Weermag

AfriForum bied veiligheidsopleiding aan weermag

Fotokrediet: NovaNews

Werkloosheid-statistiek bekend

Fotokrediet: iStock

SANParke soek roekelose bestuurder

Fotokrediet: The South African

Saak tussen Posbank en Sassa word vandag aangehoor

Cyril Ramaphosa - toespraak

Ramaphosa sal nie bedank nie

Ander Nuus Artikels

Infrastruktuur-grafika
Regering beklink $150 miljoen-lening vir infrastruktuur
Fotokrediet: Daily Maverick
Daar is glo nie misdadigheid by handboek-tender nie
Petrolpomp brandstof
Motoriste moet weer regmaak vir duurder brandstofpryse
Weermag
AfriForum bied veiligheidsopleiding aan weermag
Fotokrediet: NovaNews
Werkloosheid-statistiek bekend

Luister nou