Politieke partye het reeds meer as ‘n R116 miljoen se private skenkings in die eerste kwartaal van die finansiële jaar verklaar, terwyl hulle voorberei vir die plaaslike regeringsverkiesings.
Die DA het verreweg die meeste ontvang, met meer as ‘n R104 miljoen, wat sowat 89% van die totaal uitmaak.
ActionSA het R5,5 miljoen verklaar en die Arbeidsparty van Suid-Afrika R5 miljoen.
Daar is egter kommer oor die R15,27 miljoen wat die ANC ontvang het.
Die OVK sê die ANC se verklarings voldoen nie aan die vereistes van die Wet op Politieke Befondsing nie en het die party opdrag gegee om die tekortkominge reg te stel.