Luister nou

Polisiemotor sonder ‘n deur – beampte word deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Polisiebeampte staar dissiplinêre optrede in die gesig nadat hy in ‘n gemerkte polisiemotor – sonder ‘n deur aan die bestuurder se kant – op ‘n snelweg in Durban rondgery het.

‘n Ander motoris het ‘n video van die verskynsel geneem en op TikTok geplaas. Dit is reeds meer as 270 000 keer gekyk.

Volgens die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, kolonel Robert Netshiunda, was die betrokke motor vroeër die dag in ‘n ongeluk betrokke waartydens die deur verwyder is om die vroulike polisiebeampte uit die motor te kry. Hy sê ondanks die skade aan die motor, was dit steeds rybaar.

Die betrokke maatreëls van so ‘n geval is egter nie gevolg nie en ‘n ander beampte het met die deurlose motor tot by die polisiekantoor gery.

Netshiunda het namens die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gesê dat die verontagsaming van reëls en prosedures nié geduld sal word nie.

Volgens Netshiunda sal daar opgetree word teen die beampte wat die motor bestuur het, die opdraggewende beampte, en enige ander betrokke persoon.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou