Luister nou

Perdekar-avontuur: Amper by die eindstreep

Deur Pretoria FM Nuusspan

30 April 2021

Wat’s nou mooier as om ’n perdekar of donkiekar in aksie op ’n stofpad te sien?

’n Groep avontuurlustiges het op 20 April die avontuur van ’n leeftyd onderneem met ’n Gentleman’s Spider-perdekar. Hulle beplan om teen 1 Mei 500 kilometer af te lê en toer tussen Sasolburg in Gauteng en Utrecht in KwaZulu-Natal.

Foto: Dawie Fourie.

Die man wat met hierdie idee vorendag gekom het is die professionele MMA-vegter, Wessel Mostert. Saam met hom het die geskiedkundige storieskrywer, Nico Moolman en die perdefluisteraar, Twim Mosia ook dié reis aangepak.

Foto: Dawie Fourie.

Die geskiedeniskenner Piet Lombard en fotograaf Dawie Fourie vergesel ook die groep.

Nóg foto’s en videos van die groep se avonture kan op hulle Facebook-blad, My soektog gesien word.

Foto: Dawie Fourie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Luister nou