Luister nou

Ons onthou Suid-Afrikaanse sterre wat in 2022 dood is

5 Januarie 2023

Suid-Afrikaners moes hierdie jaar afskeid neem van talle bekendes. Hier is ‘n terugblik na persone, wat oorlede is en waaroor Pretoria FM berig het.

Theo Conradie en Jody Wayne.

Die radio-omroeper, Theo Conradie is op 8 Januarie in die ouderdom van 71 oorlede na ‘n stryd met longkanker. Hy was jare lank by Jacaranda 94.2, en die laaste paar jaar van sy lewe by Bosveld Stereo.

Die musieklegende, Jody Wayne is op 15 Maart 2022 in die ouderdom van 77 oorlede.

Adam Barnard, die geliefde sanger en lid van die musiekgroep, Romanz is op 6 Mei in die ouderdom van 37 oorlede na ‘n stryd met niersiekte. Sy vrou, Almitra het kort na sy dood gesê dat hy nou verdien om te rus omdat hy moeg is. Die egpaar is in 2012 getroud en het ‘n dogtertjie.

Adam Barnard en Aleit Swanepoel.

Die aanbieder van Tyd met Aleit, Aleit Swanepoel (47) is op 16 Mei oorlede. Hy was nie net ‘n TV-aanbieder nie, maar ook die voorsitter van die The Aleit Group. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

In Julie is die adjunk sekretaris-generaal, Jessie Duarte in die ouderdom van 69 jaar oorlede.

Sy kon sedert November 2021 nie haar pligte nakom nie nadat sy siek geraak het. Vytjie Mentor is op 23 Augustus in die ouderdom van 58 dood. Sy was jare lank ‘n ANC parlementslid en die laaste paar jare by ActionSA.

Jessie Duarte en Vytjie Mentor.

Dennis East (73) die liedjieskrywer en musiekvervaardiger is op 12 September oorlede nadat hy ‘n beroerte gehad het.

Op 16 Oktober is die aktrise en aanbieder van Fiësta, Franci Swanepoel in die ouderdom van 50 jaar oorlede.

Haar man, Max Baer het kort na haar dood gesê dat sy aan ‘n hartaanval dood is.

Dennis East en Franci Swanepoel

Slegs enkele dae later is die akteur, Eric Nobbs oorlede. Hy was 68 jaar oud.

Die legendariese radio-persoonlikheid Jeremy Mansfield is op 31 Oktober 2022 dood in die ouderdom van 59 oorlede na ‘n lang stryd met lewerkanker.

Jeremy Mansfield en Eric Nobbs

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Hill

Nasa het nog planne vir die maan

IMG-20260528-WA0015

Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Fotokrediet: Weet

Nuwe opname oor Poskantoor vs aanlyndienste

Fotokrediet: Wikipedia

Departement van vervoer se stromings-kontrak word ondersoek

Fotokrediet: Credible Source

Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het
Handboeke
VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole
Nhanhla Mkhwanazi
Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend
Fotokrediet: The Hill
Nasa het nog planne vir die maan
IMG-20260528-WA0015
Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Luister nou