Redaksie
Op Maandag 23 Maart 2026, tussen 12:45 nm. en 12:46 nm., net 15 minute voor die Amerikaanse president, Donald Trump, op sy Truth Social-platform aangekondig het dat daar konstruktiewe gesprekke tussen die VSA en Iran plaasvind, is ongeveer 6 200 Brent- en WTI-termynkontrakte verhandel met ’n waarde van sowat $580 miljoen.
Volgens Daniel de Kock, ’n vennoot by PSG Wealth Bethlehem en Frankfort, is dit ’n transaksie wat sou baat by ’n daling in die olieprys. En dié daling het gebeur kort ná Trump se plasing op Truth Social. Dit, sê De Kock, is iets wat tot bewerings van binnehandel kan lei.