Luister nou

Nóg 7 amptenare by Binnelandse Sake ontslaan

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die departement van binnelandse sake het nóg sewe amptenare ontslaan.

Dit bring die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan. Sestien amptenare is ook ontslaan wat met interne dissiplinêre prosesse en bevindinge deur die spesiale ondersoekeenheid verband hou.

Die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber beklemtoon dat dié stap deel van ’n breër poging vorm om korrupsie uit te roei en die integriteit van die departement te herstel.

“Die beslissende tempo waarteen die departement dissiplinêre sake afhandel, demonstreer [die departement] se onwrikbare toewyding om die skade wat oor baie jare aan binnelandse sake aangerig is, uit die weg te ruim,” sê Schreiber.

Schreiber het bygevoeg dat amptenare wat hulself aan wangedrag skuldig maak onverwyld hanteer sal word.

Sedert die totstandkoming van die Regering van Nasionale Eenheid het die departement 95 sake van wangedrag aanhangig gemaak, waarvan die meeste reeds afgehandel is.

Die departement van binnelandse sake loop lank reeds onder kritiek deur oor korrupsie en swak administrasie, wat veral betref die uitreiking van identiteitsdokumente en immigrasiedienste.

Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou