Luister nou

Navo-leiers herbevestig verdedigingsverdrag

Deur Walter Ernst

Navo-leiers het vandag in Turkse hoofstad, Ankara, byeengekom om hul gesamentlike verdedigingsverdrag te herbevestig.

In ’n amptelike verklaring het Navo gesê dat ten einde die voortslepende Russiese bedreiging en terrorisme te fnuik het Kanada en Europese vennote hul weermagbesteding met meer as $139 miljard (ongeveer R2,3 miljard) opgestoot, terwyl ’n verdere $50 miljard (sowat R819 miljard) vir nuwe aankope aangekondig is.

Die koalisie verskerp ook hul kuberveiligheid en missielverdediging om die een miljard burgers te beskerm.

Navo het ’n streng waarskuwing aan Iran gerig om sy kernwapenambisies te laat vaar en skeepsvaart in die Straat van Hormoes te respekteer.

President Donald Trump het tydens ’n toespraak voor die beraad van die Noord-Atlantiese verdragsorganisasie, die Iranse leierskap skerp gekritiseer en ’n reeks neerhalende terme gebruik.

Sy uitlatings volg nadat Amerikaanse magte ’n reeks aanvalle op Iran uitgevoer het, na aanleiding van wat die Pentagon beskryf het as Iran wat opnuut kommersiële skeepvaart in die Straat van Hormoes geteiken het.

Trump het lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie van sy regering se verbintenis tot Navo verseker. Hy het by die leiersberaad agter geslote deure onderneem dat die VSA sal voortgaan om wapens aan bondgenote te verkoop, ongeag hoe dit aangewend word.

Hy het na bewering ook nié sy kritiek op Spanje as Navo-lidland of sy aankondiging van die beëindiging van ’n tussentydse skietstilstand met Iran tydens die vergadering herhaal nie.

Trump het vroeër opdrag gegee dat handel met Spanje opgeskort word oor dié land se verdedigingsbesteding en die oorlog in Iran.

Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou