Luister nou

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Deur Marelize Maré

Munisipaliteite regoor Suid-Afrika skuld steeds miljarde rand aan Eskom, ten spyte van die regering se ingryping.

Die kragvoorsiener waarsku dat die toenemende skuld druk plaas op sy finansies en het begin om stappe teen munisipaliteite te doen wat nie hulle rekeninge betaal nie.

Eskom het ook verlede maand gedreig om die elektrisiteitstoevoer aan die Johannesburg-metro en City Power te verminder, nadat die skuld tot meer as R5 miljard gestyg het.

Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa waarsku dat die skuld met nagenoeg R3 miljard per maand kan toeneem.

Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke het herhaaldelik gewaarsku dat baie munisipaliteite ernstiger finansiële en regeringsuitdagings die hoof moet bied.

Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou