Luister nou

Minister vra vir kalmte oor geskiedeniskurrikulum

Deur Walter Ernst

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het kalmte versoek namate die debat oor die voorgestelde nuwe kurrikulum vir geskiedenis toeneem.

Kritiek het opgevlam nadat berigte daarop dui dat belangrike temas, soos die Amerikaanse en Franse rewolusies en dele van die plaaslike bevrydingstryd, moontlik geskrap óf herstruktureer word. In die voorgestelde kurrikulum word ander gebeure soos die Anglo-Boereoorlog uitgelaat.

Daar is ook geen erkenning vir die rol wat Afrikaner-leiers gespeel het om die land op te bou met inisiatiewe soos Sanlam, Volkskas, Yskor, Sasol en Krygkor nie.

Gwarube beklemtoon egter dat die dokument slegs ’n konsep is en dat daar nog geen finale besluite geneem is nie.

Sy moedig die publiek aan om konstruktiewe insette te lewer om ’n gebalanseerde en objektiewe leerplan te verseker wat kritiese denke bevorder.

Die uitnodiging tot openbare kommentaar is op 20 Maart vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer en stel die spertyd op 19 April.

Die VF Plus-LP en woordvoerder oor basiese onderwys, dr. Wynand Boshoff, het in ’n skrywe aan Gwarube versoek dat die spertyd vir openbare deelname oor veranderinge aan die kurrikulum vir geskiedenis met veertien dae verleng word.

Boshoff sê dat die dokumente waarop daar kommentaar gevra word, lywig is en deeglike ondersoek verg. Hierdie tydperk strek oor twee langnaweke en ook die jaarlikse Paasvakansie. Boshoff meen dat die departement dit nie maklik maak om die toepaslike dokumente te vind nie.

“Terwyl die openbare kommunikasie telkens ’n opsomming van ’n bladsy of twee bevat, is daar nêrens ’n skakel wat die belangstellende leser na die toepaslike kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (algemeen as CAPS bekend volgens die Engelse afkorting) neem nie,” sê Boshoff.

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou