Die Hervormde Begrafnisbedryfvereniging, FIRA, het sy kommer uitgespreek oor die storting van as langs die Weskuspad naby Ganzekraal op die R27 naby Atlantis en Melkbosstrand.

Die as is na bewering deur ‘n begrafnisondernemer langs die pad gestort.
FIRA eis dat daar beter beheer moet wees oor verassings en oorledenes se as en het in die tussentyd voorstelle by die Wes-Kaapse regering ingedien.
Volgens FIRA is hulle in besit van die naam van die maatskappy wat verantwoordwelik was vir die verassing, asook die name van die oorledenes.

One Response
Wonder maar net of dit een persoon se as is. Dit lyk vir my na baie meer as een persoon wat daar le.