Luister nou

Luister: Ozempic-gewigsverlies net tydelik

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Gewigsverlies-inspuitings kan mense help om aansienlike gewig te verloor, maar nuwe navorsing dui daarop dat skielike staking, veral sonder leefstylveranderinge, tot vinnige gewigstoename kan lei.

Die bevindings spruit uit ’n studie onder leiding van navorsers aan die Universiteit van Oxford, en dra by tot die debat oor die langtermynrol van sogenaamde GLP-1-gewigsverliesmiddels.

Volgens die studie word beraam dat mense wat gewigsverliesmedikasie staak, binne ’n jaar en ’n half weer hul oorspronklike gewig kan bereik.

In teenstelling hiermee word voorspel dat mense wat tradisionele gedragsgebaseerde gewigsverliesprogramme volg, die gewig eers ná vier jaar sal herwin.

Kenners sê toekomstige navorsing moet fokus op hoe gewigsverlies volhoubaar gehandhaaf kan word, eerder as om net op korttermynmedikasie staat te maak.

Fotokrediet: Marc Bruxelle/Shutterstock

Luister hier: https://open.spotify.com/episode/4XC4w8wTGsULuskmwaLwNO?si=91ef143d0af6446d

Gewilde Nuus

Untitled design (18)

Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Hart en houtskool
DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (19)
Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf

Luister nou