Luister nou

Kontakmisdade neem af, maar steeds 63 moorde per dag in SA

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die polisie se jongste misdaadsyfers dui op ’n afname in kontakmisdade tussen April en September vanjaar.

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het vanoggend die misdaadsyfers van die eerste en tweede kwartaal van die finansiële jaar in Pretoria vrygestel. 

Volgens die jongste syfers het kontakmisdade met 3-komma-1-persent vergeleke dieselfde tydperk verlede jaar afgeneem.

Ondanks ’n afname in moord is daar egter steeds oor die sesmaandetydperk meer as elf-en-’n-half-duisend mense in die land vermoor. Dit is gemiddeld 63 moorde per dag tussen April en September.

Gauteng is die provinsie met die meeste moorde, gevolg deur KwaZulu-Natal.

Die minister het gesê hoewel daar ’n beduidende afname in die meeste misdaadkategorieë aangemeld is, bly seksuele oortredings, geslagsgeweld en handelsmisdade hardnekkig hoog.

Gewilde Nuus

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Ander Nuus Artikels

DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval
Airlink-verbyvlug
BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af
Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Luister nou