Luister nou

Konstitusionele Hof verklaar dele van Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik

Deur Walter Ernst

Die Konstitusionele Hof het beslis dat sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongeldig en ongrondwetlik is.

Hiermee word ’n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad bekragtig.

Regter Steven Majiedt het bevind dat asielsoekers nie vlugtelingstatus geweier mag word bloot omdat hulle dokumente kort of nie binne die vyf dae-venstertydperk wat ingevolge die Wet op Vlugtelinge bepaal word by ’n ontvangskantoor aangemeld het nie.

Volgens die hof moet elke aansoek eerder op sy eie meriete beoordeel word, aangesien die huidige reëls die gevaar van willekeurige besluitneming inhou.

Kommentaar wat oor die statutêre bepalings gelewer is, het die hooggeregshof bevind dat die skema geen betekenisvolle kriteria bied om besluitnemers te lei nie en skep ’n risiko van arbitrêre en inkonsekwente besluitneming.

Die saak is deur verskeie menseregteorganisasies, waaronder die Scalabrini-sentrum, Amnesty International, International Detention Coalition en die Helen Suzman-stigting, hof toe geneem.

 

Gewilde Nuus

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Ander Nuus Artikels

horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Luister nou