Luister nou

Kitshoff roep sy loopbaan vaarwel weens nekbesering

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Nekbesering het die 33-jarige, Springbok-loskopstut, Steven Kitshoff gedwing om sy stewels op te hang.

Die Stormers, vir wie Kitshoff sedert 2011 gespeel het, het vanoggend in ‘n verklaring gesê dat ‘n neurochirurg hom geraadpleeg het om sy loopbaan vaarwel te roep.

Kitshoff het sy nek verlede jaar beseer in ‘n Westelike Provinsie wedstryd teen die Griekwas in Kimberley. Volgens die verklaring het hy na ‘n operasie in November sowat 50% beweeglikheid in sy nek verloor.

Hy het in 2016 vir die eerste keer die Springboktrui oor sy kop getrek, en sedertdien in 83 wedstryde vir die span in groen en goud gespeel.

Hy was ook deel van twee van die Wêreldbekertoernooie waarin die Springbokke met die louere kon wegstap.

Kitshoff het in die verklaring gesê dat die afgelope ses maande moeilik was, maar sê hy is dankbaar dat hy die geleentheid kon gehad het om vir die spanne te speel wat hy as kind ondersteun het.

Hy sê hy het hard gewerk aan sy rehabilitasie, en wou sy loopbaan in ‘n Stormer-wedstryd beëindig, maar dat dit nie moontlik was nie.

 

FOTO: The Stormers 

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou