‘n Nekbesering het die 33-jarige, Springbok-loskopstut, Steven Kitshoff gedwing om sy stewels op te hang.
Die Stormers, vir wie Kitshoff sedert 2011 gespeel het, het vanoggend in ‘n verklaring gesê dat ‘n neurochirurg hom geraadpleeg het om sy loopbaan vaarwel te roep.
Kitshoff het sy nek verlede jaar beseer in ‘n Westelike Provinsie wedstryd teen die Griekwas in Kimberley. Volgens die verklaring het hy na ‘n operasie in November sowat 50% beweeglikheid in sy nek verloor.
Hy het in 2016 vir die eerste keer die Springboktrui oor sy kop getrek, en sedertdien in 83 wedstryde vir die span in groen en goud gespeel.
Hy was ook deel van twee van die Wêreldbekertoernooie waarin die Springbokke met die louere kon wegstap.
Kitshoff het in die verklaring gesê dat die afgelope ses maande moeilik was, maar sê hy is dankbaar dat hy die geleentheid kon gehad het om vir die spanne te speel wat hy as kind ondersteun het.
Hy sê hy het hard gewerk aan sy rehabilitasie, en wou sy loopbaan in ‘n Stormer-wedstryd beëindig, maar dat dit nie moontlik was nie.
FOTO: The Stormers
One Response
Hy is n yster