Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing

Die Proteas se snelbouler, Kagiso Rabada, mag weer vir die nasionale span speel nadat hy tydelik geskors is weens die gebruik van dwelms vir ontspanningsdoeleindes.

Dit beteken dat Rabada beskikbaar sal wees wanneer Suid-Afrika Australië die stryd aan sê in die finaal van die wêreld-toetskampioenskap wat in Junie by Lord’s krieketstadion in Londen plaasvind.

Rabada is op 21 Januarie vir dwelms getoets na ‘n wedstryd tussen MI Cape Town en Durban se Super Giants in die SA20’s kriekettoernooi. Hy is op 1 April ingelig dat hy positief getoets het en is vir ‘n maand geskors.

Die positiewe toets het daartoe gelei dat Rabada die grootste deel van verlede maand se Indiese Premierliga (IPL) misgeloop het.

Hy mag ook nou weer diens toe vir die Gujarat Titans in die res van die IPL. Rabada het twee verpligte sessies van ‘n rehabilitasie-program voltooi.

 

Foto: SkySports

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende