Luister nou

Kabinet tevrede met BKS-vordering

Deur Walter Ernst

Die kabinet sê dat hy tevrede is met die vordering wat die nasionale inentingsveldtog teen bek-en-klouseer (BKS) gemaak het.

Volgens die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, is sowat 2,6 miljoen beeste reeds ingeënt.

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het vandeesweek aangekondig die regering poog om die inentingsprogram te versnel deur boere toe te laat om van private veeartse gebruik te maak ingevolge ’n nuwe vrywillige inentingskema.

Steenhuisen het voorheen gesê dat sy departement nie teen die gebruik van private veeartse gekant is nie, maar volgens hom kan die staat nie hul tariewe van R2 000 per uur bekostig nie. Hy hou vol dat 80% van die land se kudde van 14 miljoen diere teen die einde van die jaar ingeënt sal wees.

Die eerste twee miljoen dosisse van ’n besending uit Turkye en Argentinië het reeds in die land aangekom vir strategiese verspreiding.

Ntshavheni het die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, opdrag gegee het om ’n reaksie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te koördineer om brandstof- en kunsmisvoorsiening te verseker.

Ntshavheni sê dat die regering sal voortgaan om in te gryp om die hoë brandstofkoste te verminder.

Volgens haar het die regering ook ’n brandstofheffing-subsidie van R17,2 miljard tot Junie 2026 goedgekeur om verbruikers teen wêreldwye tekorte te beskerm.

 

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou

Meelbom landscape

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 4 September 2026

Supermark

Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse

Fotokrediet: Eating on a dime

Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag

Ander Nuus Artikels

Orania
Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania
Amazon
Amazon ontken “wit uitsluiting”
Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys
Boer is nie vir sissies nie
WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM
ANC wil mag met megamunisipaliteit behou
Meelbom landscape
Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Luister nou