‘n 28-jarige man van Ermelo in Mpumalanga is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir kabeldiefstal.
Batsheleni Dladla is in 2023 deur lede van die Gemeenskaps Polisiëringsforum vasgetrek, waar hy by ‘n substasie besig was om kabels te knip.
Dladla het skuld ontken, en sê hy was eintlik besig om kabels by ‘n ander substasie te steel.
Landdros Eben Jonker het in sy uitspraak gesê die diefstal van kritieke infrastruktuur plaas munisipaliteite onder geweldige druk, en lei daartoe dat die hele gemeenskap daaronder ly.
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê in ‘n verklaring hy sal voortgaan om seker te maak dat diegene wat infrastruktuur beskadig, swaar vonnisse kry.