Luister nou

Jake White verlaat die Blou Bulle

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Vodacom Blou Bulle en die direkteur van rugby, Jake White se paaie skei met onmiddellike ingang.

Die rugby-unie het in ‘n verklaring bevestig dat White en die Blou Bulle ‘n wedersydse ooreenkoms bereik het. Hy is sedert 2020 werksaam by die Blou Bulle.

Onder sy leiding kon die Bulle verskeie kampioenskappe wen en drie keer deurdring na die finaal van die Verenigde Rugbykampioenskap.

Ná samesprekings met aandeelhouers het White aangekondig dat sy besluit gegrond is op ’n begeerte dat die span ’n nuwe stem moet vind: “Ek het die besluit geneem om aan te beweeg. Met baie jare se afrigtingservaring het ek gevoel dat dit moeilik sou wees om die groep na die volgende vlak te neem. Daarom glo ek dis tyd vir ’n nuwe hoofstuk wat in die beste belang van myself én die Bulle is.”

Die uitvoerende hoof van die Blou Bulle-maatskappy, Edgar Rathbone sê Jake was net ‘n aanwins vir die span gewees en dat hy ‘n lewenslange bydra gelewer het.

“Ek wens die Bulle alle sterkte toe. White sluit sy mediaverklaring af met: Hou die Blou Bo!”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou