Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu sê Israel is steeds gereed om Iran te konfronteer indien nodig, tenspyte van ‘n ooreenkoms wat tussen die VSA en Iran bereik is.
Hy sê die jongste verwikkelinge is slegs ‘n stap in die pad om ‘n doel te bereik.
Netanyahu het ook teruggekap na opposisie leiers wat hom voor stok gekry het omdat hy ‘n ooreenkoms bereik het voordat Israel sy doelwitte in die oorlog bereik het.
Israel wil Iran se kernkrag program vernietig of dit ten minste ernstig knou, aangesien dit as ‘n wesenlike bedreiging vir Israel beskou word.
Israel het intussen gister sy swaarste aanvalle nog op Libanon uitgevoer, wat tot die dood van honderde mense gelei het en ’n dreigement van vergelding deur Iran tot gevolg gehad het.
Iran se hoofonderhandelaar sê dit sou “onredelik” wees om vredesonderhandelinge met die VSA voort te sit, omdat Israel en die VSA albei die voorwaardes van die onlangse twee-weekse wapenstilstand oortree het.
Israel en die VSA sê die wapenstilstand sluit Libanon nie in nie en Netanyahu sê die aanvalle sal voortduur.