Redaksie
Die afgelope week het petrol met R1,40 per liter gestyg, terwyl diesel met tussen R2,62 en R3,25 per liter gedaal het.
Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, sê dit gaan nie veel van ’n impak op die verbruiker hê nie.
“Hierdie prysveranderinge die afgelope paar maande het ’n stop-stoot-reaksie op die ekonomie. Dan is dit goeie nuus, dan is dit slegte nuus. Hierdie prysveranderinge vat ’n baie lang tyd om werklik die ekonomie te raak.”
Roodt waarsku dat dit tot soveel as twee jaar kan neem om die invloed van die afgelope tyd se brandstofprysveranderinge behoorlik te bepaal.
“Die verlaging die dieselprys is wel baie goeie nuus vir ons en dit sal in sekere syfers ook wys as goeie nuus. Maar dan het ons weer ’n verhoging in die petrolprys, wat die teenoorgestelde impak gaan hê. Om ’n spesifieke ding te isoleer en te sê dit is goed of sleg vir die verbruiker, is problematies. Oor tyd gaan ons natuurlik sien hoe al die prysveranderinge ’n impak op die verbruiker het.”
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek- https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-69-05-11-Jun-2026-1.pdf