Luister nou

VF Plus eis optrede van NWU oor “Kill the Boer”-dreunsang op kampus

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus sê die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n verantwoordelikheid om standpunt in te neem nadat die EFF die omstrede “Kill the Boer”-lied op die Potchefstroom-kampus gesing het.

Die party meen hoewel die optog kleiner was as wat verwag is, is die boodskap wat oorgedra is, steeds baie ernstig. Terwyl die EFF AfriForum as ’n “regse terroriste-organisasie” uitmaak, wys die VF Plus daarop dat Afrikaner-organisasies self nie geweld aanmoedig nie.

Die party vergelyk die situasie met 2014 toe ’n beweerde “Nazi-saluut” op die Potch-kampus groot opslae gemaak het. Destyds is daar vinnig teen die studente opgetree, ondanks die feit dat die groet reeds gestaak is. Nou, sê die VF Plus, kan die NWU nie agter “akademiese vryheid” wegkruip wanneer ’n lied met duidelike gewelddadige ondertone gesing word nie.

Die party meen universiteite moet in die huidige klimaat ’n duidelike standpunt inneem – al het die hof nog nie die lied as haatspraak verklaar nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou