20 Januarie 2025
Matrikulante wat nog nie seker is oor watter studierigting hulle gaan volg nie, het nou nóg ‘n opsie nadat die eerste na-skoolse kwalifikasie vir daggaverbouing deur die raad vir hoër onderwys goedgekeur is.
‘n Aansoek deur die Cheeba Cannabis & Hemp Academy is aanvaar met ‘n silabus wat goedgekeur is.
Die hoër-sertifikaat is ‘n vlak-5 kwalifikasie by die Nasionale Kwalifikasieraamwerk en behels ‘n voltydse jaar van studie.
Die kursus – wat in Johannesburg aangebied word – behels nie net tegnieke vir die verbouiing van dagga nie, maar sal ook klem lê op mediese gebruike, kommersiële bedrywighede, volhoubare boerdery en sake-beginsels.