Luister nou

Heinrich Klaasen groet internasionale krieket

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die 33-jarige Protea-krieketspeler, Heinrich Klaasen het vroeër vandag sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Die kolwer het vanoggend aangekondig dat hy met onmiddellike ingang uit die wit bal-formaat van die sport tree, nadat hy reeds verlede jaar uit die rooi bal-formaat getree het.

Klaasen het in 2018 sy debuut in Eendag Internasionale Krieket (ODI) en T20 gemaak. Hy is deur die SACricketMag beskryf as een van die beste wit bal-spelers van sy generasie.

In die sewe jaar sedert sy buiging het hy meer as 2 000 lopies verower as middelorde kolwer.

Klaasen sê vandag is vir hom ‘n hartseer dag. “Dit het my lank geneem om te besluit wat die beste sal wees vir my en my familie, dit was ‘n moeilike besluit maar ek het vrede in my hart.” Hy sê dit was vir hom die grootste eer om sy land te verteenwoordig in die sport waarvoor hy lief is.

Hy sê hy sien daarna uit om meer tyd saam met sy familie te spandeer.

Foto: Crictoday

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek