Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Heinrich Klaasen groet internasionale krieket

Die 33-jarige Protea-krieketspeler, Heinrich Klaasen het vroeër vandag sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Die kolwer het vanoggend aangekondig dat hy met onmiddellike ingang uit die wit bal-formaat van die sport tree, nadat hy reeds verlede jaar uit die rooi bal-formaat getree het.

Klaasen het in 2018 sy debuut in Eendag Internasionale Krieket (ODI) en T20 gemaak. Hy is deur die SACricketMag beskryf as een van die beste wit bal-spelers van sy generasie.

In die sewe jaar sedert sy buiging het hy meer as 2 000 lopies verower as middelorde kolwer.

Klaasen sê vandag is vir hom ‘n hartseer dag. “Dit het my lank geneem om te besluit wat die beste sal wees vir my en my familie, dit was ‘n moeilike besluit maar ek het vrede in my hart.” Hy sê dit was vir hom die grootste eer om sy land te verteenwoordig in die sport waarvoor hy lief is.

Hy sê hy sien daarna uit om meer tyd saam met sy familie te spandeer.

 

Foto: Crictoday

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom

Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees

element-1-780x470-1

Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie

unnamed

Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker

masels2-1

Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

TSHWANE2

Tshwane-metro samel 98% van sy beoogde begroting in

Ander Nuus Artikels

Gu15JKlWQAAx1Ae
“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.
david
Ramaphosa en ander politieke leiers betreur David Mabuza se dood
The-South-African
Voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf
Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom
Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees
element-1-780x470-1
Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende