Die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber, sê die regering beweeg vinnig om die ou groen strepieskode-ID-boek uit te faseer as deel van ’n groter poging om onwettige immigrasie, identiteitsbedrog en georganiseerde misdaad te bekamp.
Schreiber sê die groen ID-boek is ’n groot swakpunt in die land se sekuriteitstelsel en word gereeld gebruik vir identiteitsdiefstal en ander misdade.
Die regering brei ook die elektroniese reisstelsel uit om buitelanders digitaal te verifieer.
Intussen verhoog die Grensbestuursowerheid die gebruik van hommeltuie, lyfkamera’s en ander tegnologie en Schreiber sê hierdie stappe wys dat tegnologie reeds begin om grense beter te beveilig en trans-nasionale misdaad te bekamp.