Luister nou

Graad 11-leerling deur matriekleerling met mes doodgesteek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die departement van onderwys in Gauteng sê hy is uiters geskok om te verneem van ‘n voorval gister waartydens ‘n leerling in Graad 11 aan die Lesedi Sekondêre Skool in Lethabong in Donkerhoek, Pretoria deur ‘n mede-leerling doodgesteek is.

Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona sê die kind is na bewering deur ‘n Graad 12-leerling aan dieselfde skool met ‘n mes aangeval waarna hy later aan sy beserings beswyk het.

Hy sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die matriekseun nié gister by die skool was nie, maar het na skool opgedaag op dieselfde tyd wat leerlinge besig was om die terrein te verlaat. Hy het die slagoffer genader en hom ten aanskoue van die ander kinders begin aanval.

Hy is na ‘n plaaslike hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar. Volgens Mabona is beradingsdienste aangebied. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê die departement is geskok deur die voorval. “Geen kind moet sy lewe verloor terwyl hy onderrig ontvang nie.” Hy het sy medelye met die skool en die naasbestaandes getuig.

One Response

  1. Die voorbeelde wat kinders in hierdie land kry is om probleme met geweld te probeer oplos.
    Barnd alle af, skiet mense dood pleeg ook ander gewelds misdade.
    Gebrek aan dissipline in ons dae is jou waentjie gesmeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Luister nou