Luister nou

Amerikaner ski van Berg Everest af

Deur Pretoria FM Nuusspan

Baie mense droom om die Berg Everest uit te klim, maar die Amerikaanse skiër, Jim Morrison het geskiedenis gemaak met sy poging om van die gevaarlike noordelike aansig van die berg af te ski.

Morrison het die eerste persoon geword wat van Everest se uitdagendste roete, die Hornbein Couloir, afgeski het. Dit is ’n smal en steil kloof net meer as 1 100 voet onder die berg se kruin.

Morrison het die uitdaging saam met die beroemde filmmaker en bergklimmer, Jimmy Chin aangepak.

Chin sê die projek het vyf jaar gelede begin en die klim het drie pogings geneem om te voltooi.

Die 50-jarige Morrison het dié mylpaal om kwart voor agt die aand behaal nadat hy meer as ses weke op die berg deurgebring het.

Die aftog het ongeveer vier ure geneem.

Fotokrediet: National Geographic

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou