Luister nou

Amerikaner ski van Berg Everest af

Deur Pretoria FM Nuusspan

Baie mense droom om die Berg Everest uit te klim, maar die Amerikaanse skiër, Jim Morrison het geskiedenis gemaak met sy poging om van die gevaarlike noordelike aansig van die berg af te ski.

Morrison het die eerste persoon geword wat van Everest se uitdagendste roete, die Hornbein Couloir, afgeski het. Dit is ’n smal en steil kloof net meer as 1 100 voet onder die berg se kruin.

Morrison het die uitdaging saam met die beroemde filmmaker en bergklimmer, Jimmy Chin aangepak.

Chin sê die projek het vyf jaar gelede begin en die klim het drie pogings geneem om te voltooi.

Die 50-jarige Morrison het dié mylpaal om kwart voor agt die aand behaal nadat hy meer as ses weke op die berg deurgebring het.

Die aftog het ongeveer vier ure geneem.

Fotokrediet: National Geographic

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

V (1)

Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

Ander Nuus Artikels

Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte
Fotokrediet: Solidariteit netwerk
Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Luister nou