Luister nou

Gautengse-openbare gesondheidsdienste dalk binnekort 4,4% duurder

Deur Pretoria FM Nuusspan

Pasiënte wat van die Gautengse provinsiale gesondheidsdienste gebruik maak kan eersdaags 4,4% duurder vir mediese dienste betaal.

Dit terwyl die koste verbonde aan die verskaffing van EMS-nooddienste met tot 30% kan verhoog. Die verklaring deur die departement volg nadat die voorgestelde verhogings vir kommentaar gepubliseer is.

Dit sal eers in werking tree sodra dit deur die provinsiale wetgewer goedgekeur is.

Die voorgestelde verhogings is in Februarie in die Staatskoerant gepubliseer, en mense het tot die 13de Maart kans gehad om kommentaar daaroor te lewer. Die verhogings geld ook vir begrafnisondernemings.

Die verhogings kan na verwagting op 1 April in werking tree.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou