Luister nou

Formidabele komedieaktrise, Catherine O’Hara sterf op 71

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die legendariese en skreeusnaakse Kanadese aktrise, Catherine O’Hara, wat bekend is vir haar komedierolle in die rolprente, Home Alone en Beetlejuice en die TV-reeks, Schitt’s Creek, is ná ’n kort siekbed by haar huis in Los Angeles oorlede.

O’Hara was ook baie onlangs te sien in die Emmy-bekroonde komedie, The Studio en HBO se The Last of Us.

O’Hara is in Toronto gebore en het haar voet in die 1970’s in die deur by die bekende Toronto Second City Theatre as kelnerin gekry voor sy ’n oudisie vir ’n rol by die bekende akteursgroep afgelê het.

Sy het die wêreld se oë in 1988 op haar gevestig met haar rol van Delia Deetz wat haar gaste – wat vir aandete aangesit het – laat sing en dans het op die lied, Day-O, ook bekend as die Banana Boat song.

In 1990 het haar angstige geskree na Kevin, haar agtjarige seun wat tydens die Desembervakansie tuis vergeet is, vir een van die onvergeetlikste oomblikke in Home Alone gesorg.

Haar medeakteur, die 45-jarige Macaulay Culkin – wat die rol van Kevin vertolk het – het sy silwerskermma in ’n emosionele boodskap gegroet en foto’s van hulle gedeel. “Mamma, ek het gedink ons het nog tyd. Ek wou meer tyd hê. Ek wou in ’n stoel langs jou sit. Ek het jou gehoor, maar ek het soveel meer gehad wat ek wou sê. Ek is lief vir jou. Sien jou later,” het Culkin geskryf.

O’Hara het ’n Emmy-toekenning losgeslaan vir haar rol as Moira Rose in Schitt’s Creek, wat TV-gehore regoor die wêreld laat skaterlag en te danke aan die slim karakters met ’n warm hartsgevoel gelaat het.

Dan Levy, wat haar seun, David in die reeks gespeel het, het gesê “dit was ’n geskenk om in die warm glans van Catherine O’Hara se begaafdheid te kon dans”.

“Catherine was uitgebreide familie voor ons as familielede saam gewerk het. Dis moeilik om ’n wêreld sonder haar in te dink. Ek sal elke snaakse herinnering wat ek gelukkig genoeg was om saam met haar te kon maak koester.”

Fotokrediet: abcnews.go.com

 

 

Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou