Luister nou

Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem

Deur Marelize Maré

Die eerste volledige Bybel in Afrikaans in 93 jaar gelede, op 27 Augustus 1933 amptelik landwyd in gebruik geneem.

Die sentrale Bybelfees is in Bloemfontein gehou, waar meer as 5 000 volwassenes die oggenddiens bygewoon het, terwyl nagenoeg dieselfde aantal kinders en jongmense die middag byeengekom het.

Die strewe na ’n Afrikaanse Bybel het reeds in die 19de eeu begin.

Arnoldus Pannevis het in 1872 die behoefte aan ’n Bybel in Afrikaans beklemtoon, en die Genootskap van Regte Afrikaners het die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal bevorder.

In 1916 het die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk besluit dat die Bybel in Afrikaans vertaal moes word.

Die vertalers het uiteindelik uit die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tekste gewerk.

Die vertalingspan het onder meer Totius, J.D. Kestell, H.C.M. Fourie, E.E. van Rooyen en B.B. Keet ingesluit.

Die 1933-vertaling het ’n belangrike rol in die standaardisering en ontwikkeling van geskrewe Afrikaans gespeel.

Nagenoeg ‘n 150 000 eksemplare is reeds in die eerste jaar versprei.

’n Hersiene weergawe het in 1953 verskyn, gevolg deur ’n heeltemal nuwe vertaling in 1983.

Die jongste groot vertaalprojek het uiteindelik gelei tot die 2020-vertaling.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou