5 Februarie 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het drie Volvo voertuigmodelle herroep.
Die Volvo XC90 2023 en 2024 modelle, sowel as die Volvo XC 40 2024 model is herroep.
Die XC90 is herroep weens probleme met die rem-funksie, terwyl die XC 40 herroep is weens ‘n kwessie met die flikkerligte van die voertuig.

Die Verbruikerskommissie het ook verskeie speserye van Cape Herb and Spice herroep.
Dit omdat die plastiekmeul van die speserye breek, en daar harde stukke plastiek moontlik op verbruikers se voedsel kan beland.
Dit sluit die Chilli & Garlic Seasoning, Pink Salt, Black Peppercorns, Salt & Pepper, Sea Salt, Spice Sweet & Smokey BBQ speserye in wat tussen September 2023 en Mei 2024 vervaardig is.
Diegene wat Cape Herb and Spice speserye aangekoop het, kan dit na die winkel terugneem vir ‘n terugbetaling.