Luister nou

Dié SAID-vorm is verpligtend, maar werk nie

Deur Redaksie

James Kemp

Met die ingang van Julie word alle reisigers wat na Suid-Afrika reis of die land verlaat, verplig om ’n aanlyn reisigersverklaring voor hulle reis in te dien. Dié nuwe reëling, wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingestel is, het betrekking op alles reisigers, of hulle van lug-, land-, see- of spoorvervoer gebruik maak, en staan as die Suid-Afrikaanse Reisigersbestuurstelsel (SATMS) bekend. Teen gister het dié stelsel op die Inkomstediens se webblad egter nie gewerk nie.

Die doel van die vorm, volgens die SAID se webblad, is om data-integrasie en risikobestuur tussen die onderskeie regeringsagentskappe te vergemaklik. Verder word daar ook met die stelsel beoog om die monitering, ontleding en verslagdoening van oorgrensaktiwiteite te verbeter. Verder voer die SAID aan dat die SATMS reisigers in staat stel om aan hul wetlike verpligting te voldoen om goedere in hul besit te verklaar, insluitend valuta, deur gerieflike digitale kanale.

Teen gisteroggend het die aftrek-kieslyste in die inligtingsblokkies egter nie gewerk nie en met tye het die bladsy bloot ’n foutboodskap vertoon. ’n Kennisgewing op die Inkomstediens se webblad wys wel daarop dat reisigers nie toegang tot Suid-Afrika geweier sal word of verhoed sal word om te vertrek as hulle nie ’n verklaring voor hul aankoms ingevul het nie. Beide binne- en buitelandse reisigers staar wel moontlike vertragings by doeanepunte in die gesig omdat die SAID kan vereis dat dié vorm met die hand ingevul moet word.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-73-03-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

DevHoof

Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Graffiti-logo-nuut

Boekeblad met Graffiti 3 Julie 2026

Fotokrediet: Rising Sun Newspapers

Die SAID sê alles verloop klopdisselboom

Fotokrediet: The Times of Israel

Reddingspanne red man na agt dae onder puin in Venezuela

Fotokrediet: EWN

Sterrekundiges ontdek twee reusagtige eksoplanete

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA kan steeds die land van vryheid én tuiste van die dapperes wees
Koos Malan
VSA se buitelandse beleid terug op koers
DevHoof
Polisie se langsdienende vlieënier vereer
Graffiti-logo-nuut
Boekeblad met Graffiti 3 Julie 2026
Fotokrediet: Rising Sun Newspapers
Die SAID sê alles verloop klopdisselboom

Luister nou