Die regering hou vol met sy planne om Suid-Afrika se kernkragprogram uit te brei en wil 5,2 gigawatt nuwe kernkragkapasiteit as deel van die land se langtermyn-energieplan, verkry.
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê kernkrag sal ‘n belangrike rol speel om elektrisiteitsvoorsiening te versterk en die land se energiemengsel te diversifiseer.
Dit volg te midde van berigte oor drie voorvalle van radio-aktiewe lekkasies tydens instandhouding by Koeberg, wat kommer laat ontstaan het.
Eskom en die Nasionale Kernreguleerder beklemtoon egter dat daar geen gevaar vir die publiek of die omgewing bestaan het nie en dat Koeberg steeds veilig bedryf word.