Die DA het die minister in die presidensie, Sindisiwe Chikunga, veroordeel omdat sy die 47ste herdenking van Iran se Islamitiese Rewolusie bygewoon het.
Die party meen dit is ‘n oortreding van die land se grondwetlike waardes en buitelandse beleid.
Die herdenking is Vrydag by die Iranese ambassade in Pretoria gehou.
Die DA sê Chikunga se teenwoordigheid toon steun vir Iran se regime, ten spyte van berigte van gewelddadige optrede op teen-regeringsbetogings.
Die party het ook sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf, die ironie dat die minister van vroue met ‘n regering meng wat daarvan beskuldig word dat hy menseregte skend.