Luister nou

DA lê hartchirurgie-skandaal bloot

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA in Gauteng beweer hartpasiënte sterf weens swak chirurgiese uitkomste by die kardiotorakale afdeling van die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal.

Die party se skadu-LUR vir gesondheid, Jack Bloom, sê ’n senior chirurg het verlede jaar bedank uit protes oor wat hy beskryf as ’n gebroke stelsel, swak opleiding en intimidasie van jong dokters.

Bloom beweer die werklike sterftesyfer vir hartoperasies kan tot sowat 20% wees, ten spyte van amptelike syfers wat ’n verbetering toon.

Hy sê dit dui op ’n moontlike toesmeer van probleme.

Die saak is na die Gesondheidsombud verwys vir ’n onafhanklike ondersoek.

Die DA vra vir groter deursigtigheid en dring aan op ingryping om pasiëntveiligheid te verbeter.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou