Die DA het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aansoek gedoen om die tussentydse verslag oor Operasie Floreer van die polisie en die weermag te bekom.
Die party sê die publiek het die reg om te weet of die operasie, wat na raming R823 miljoen oor 13 maande kos, werklik bendegeweld en georganiseerde misdaad bekamp.
Die DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, Nicholas Gotsell, sê dié gebrek aan deursigtigheid is onaanvaarbaar en dat die DA daarom verlede week hul Paia-aansoeke by die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ingedien het.
Die SAPD en SANW het nou 30 dae om op die PAIA-aansoek te reageer.