Die vakbondfederasie, Cosatu, het skerp kritiek uitgespreek teen die regering se besluit om politici en regters se salarisse te verhoog.
President Cyril Ramaphosa het ’n verhoging van 3,8% vir politici en 4,1% vir die regbank goedgekeur.
Cosatu sê die verhogings is uit voeling met die werklikheid van gewone Suid-Afrikaners, veral te midde van moontlike belastingverhogings.
Die vakbond sê as daar ekstra geld is, moet dit eerder bestee word om dokters, verpleegkundiges, polisielede aan te stel om noodsaaklike dienste aan werkersklasgemeenskappe te lewer.
Cosatu vra ook dat salarispakkette vir openbare ampsdraers eers aan openbare deelname onderwerp word.