Luister nou

Bom op Fox-mediavoertuig geplant

Deur Pretoria FM Nuusspan

Twee mans is deur die FBI in hegtenis geneem, nadat hulle na bewering ‘n bom aan die onderstel van ‘n mediavoertuig van FOX 13 in Salt Lake City in Utah geplant het.

Volgens die Salt Lake City-polisie se plofstofeenheid is ‘n ploftoestel onder dié mediainstelling se voertuig – wat langs ‘n gebou vol mense geparkeer is – gevind.

Die ploftoestel is glo geaktiveer, maar het nie gewerk nie.

Die verdagtes, die 31-jarige Adil Ahmed en 58-jarige Adeeb Nasir is by hul woning in die Magna-woonbuurt in hegtenis geneem.

Ondersoekers het ook beslag gelê op twee fopwapens van massavernietiging, twee vuurwapens, toerusting wat in die proses van ploftoestelvervaardiging gebruik word asook onwettige dwelmmiddels.

Omliggende huise is ontruim terwyl die wetstoepassers die omgewing gefynkam het.

Die verdagtes is vir onder meer dreigende terreur, die besit van wapens van massavernietiging en die besit van ploftoestelle aangekla.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Luister nou