Luister nou

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die 27-jarige Brandon Pretorius – wat ‘n breinoperasie moes ondergaan nadat hy verlede naweek buite ‘n kroeg aangerand is – het vanoggend aan sy beserings beswyk.

Pretorius is deur verskeie mense buite die kuierplek, Malbroer, in Boksburg aangerand.

Volgens berigte het sy aanvallers hom na sy huis toe agtervolg waar hy verder aangerand is. Hy was sedertdien in ‘n koma voor hy dood is. Pretorius is die pa van ‘n eenjarige dogtertjie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Huldeblyke stroom intussen op sosiale media in na die nuus van sy dood bekend geword het. Volgens een sosiale media-gebruiker het Brandon gister verjaar.

4 Responses

  1. Hoe is dit moontlik dat niemand hom kon help nie?
    Dat hy by die kuier pkek en tot by sy huis aangerand was.

  2. Tyd dat die soort mense wat ander by soosiale plekke aanrand, huis toe volg en die aanranding volhou, die soort vonnnis opgelê word soos in die VSA; Lewenslank sonder enige parool!

  3. As jy die footage kyk Dan sal jy sien hy uitgekom uit die plek en die man net n hou geslaan met sy Wit jassie en blou tekkies Hy sal vinnig gevang word

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou