Luister nou

Blitsberig: Twee kapingsverdagtes dood toe polisievangwa rol

Deur Pretoria FM Nuusspan

21 Januarie 2025

Twee vermeende motorkapingsverdagtes is dood en vyf polisiebeamptes is beseer, nadat ‘n voertuig vroeër vanmiddag teen ‘n polisievangwa in Parkstraat in Arcadia, Pretoria gebots het, waarna die dubbelkajuitvangwa na bewering gerol het. 

Die betrokke polisievangwa.

Bronne op die toneel het aan Pretoria FM gesê dat die verdagtes na bewering vroeër vandag betrokke was by ‘n motorkaping in Hatfield. 

Hulle is deur die lede van die Sunnyside-polisiekantoor in hegtenis geneem en was glo in die vangwa toe die botsing plaasgevind het. Die ander voertuig, wat glo die ongeluk veroorsaak het, het op die hoek van Park- en Eastwoodstraat tot stilstand gekom.

Die Tshwane-polisiedistrik se woordvoerder, kaptein Johan van Dyk, het aan Pretoria FM gesê dat vyf polisiebeamptes in die ongeluk beseer is en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is. 

Die liggame van die twee verdagtes is omstreeks 14:00 vanmiddag deur die Gautengse Forensiese Patologiese Dienste van die toneel verwyder. Wrakstukke en skoene het vir meters oor die pad gestrooi gelê. 

Teen 15:30 was Parkstraat steeds gesluit, terwyl Kirkness- en Eastwoodstraat reeds oop is vir verkeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Ander Nuus Artikels

Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Luister nou