Die Departement van Binnelandse Sake het sy digitale vennootskap met Absa uitgebrei, wat Suid-Afrikaners toegang gee tot meer as twee keer soveel plekke om vir slim-ID-kaarte aansoek te doen.
Absa is die vierde bank wat by die program aansluit en het ook die land se eerste mobiele Binnelandse Sake-eenheid by ‘n bank bekend gestel om afgeleë en onderbediende gemeenskappe te bereik.
Die minister van binnelandse sake, dr Leon Schreiber sê Suid-Afrikaners kan nou by 541 plekke vir slim-ID-kaarte aansoek doen, en die getal sal teen die einde van die jaar tot nagenoeg ‘n duisend uitbrei.
Hy sê die doel is om die groen strepieskode-ID-boek geleidelik met die veiliger slim-ID-kaart te vervang.