Luister nou

“Besope” motoris wat glo spoedgrens oortree tref motor – vyf mense dood

Deur Pretoria FM Nuusspan

Vyf mense is dood in ‘n ongeluk tussen drie voertuie op die N2 tussen Ermelo en Mkhondo (Piet Retief) in Mpumalanga gistermiddag nadat die bestuurder van een van die voertuie glo versuim het om te stop toe die verkeerspolisie hom van die pad wou aftrek.

Die bestuurder was na bewering onder die invloed van alkohol en het sowat 170 kilometer per uur in ‘n 120 kilometer per uur sone gery toe die polisie hom wou voorkeer.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die motoris verby die polisie gejaag het, waarna hy met ‘n ander motor gebots het.

Die bestuurder van die tweede motor het beheer verloor en reg van voor met ‘n vragmotor gebots. Die bestuurder en al vier sy passasiers is op die toneel dood.

Die bestuurder wat glo die ongeluk veroorsaak het is in hegtenis geneem. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

One Response

  1. Daai affere wat die ongeluk veroorsaak het, gee hom nog drank tot hy horries kry. Gin simpatie met mense en hulle drank nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word

Luister nou