Luister nou

Besnoeiings kan glo waterkrisis vererger

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor water en sanitasie, Leon Basson, meen drastiese besnoeiings aan die departement van water en sanitasie se begroting kan moontlik Suid-Afrika se waterkrisis vererger.

Hy het dié waarskuwing gerig nadat die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, haar departement se begroting en jaarlikse prestasieplanne vir 2026-’27 bekend gemaak het.

Basson meen die departement se begrotingsvermindering van R23-miljard tot R21-miljard is fundamenteel teenstrydig met die land se waterwerklikheid.

Hy meen die oplossing van Suid-Afrika se waterprobleme vereis volgehoue finansiering, langermyn beplanning en die versnelde inwerkingstelling van groot infrastruktuurprojekte.

Majodina sê egter daar is reeds ‘n nasionale water-aksieplan opgestel, wat na goedkeuring glo op 30 April bekend gemaak sal word.

Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou