Die Gautengse regering het sy pogings verskerp om die uitbreking van bek-en-klouseer te beperk en het die provinsie se status as ’n nasionale logistieke spilpunt, as ’n belangrike risiko-faktor uitgewys.
Sedert die uitbreking verlede jaar, het die provinsie ’n versnelde reaksie aanvaar wat ooreenstem met die nasionale strategie om die virus te onderdruk en die land se siektevrye status te herstel.
Ongeveer 16 miljoen-rand is vir entstowwe en verwante ingrypings bewillig.
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi sê 2-honderd-86-duisend entstofdosisse is reeds toegedien, met nog 90-duisend dosisse wat teen die einde van Maart verwag word.
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het onlangs ‘n 10-jaar nasionale strategie bekend gemaak wat ten doel het om die siekte uit te roei.
Hy sê die afhanklikheid van ingevoerde entstowwe het die land aan vertragings en tekorte blootgestel.
Fotokrediet: Bek-en Klouseer – NovaNews