Die opwinding in die Afrikaanse musiekbedryf bou op na vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings, waar meer as 100 finaliste op 3 Oktober 2025 aangekondig gaan word.
Volgens die voorsitter van die Aitsa Trust, Willie Spies is die finale name vasgestel ná die verwerking van beoordelaarsterugvoer op die 445 inskrywings wat vanjaar ontvang is. Alle Afrikaanse musiek wat tussen 1 April 2024 en 31 Maart 2025 vrygestel is, kon vir die toekennings inskryf.
Die wenners sal later vanjaar tydens ’n eksklusiewe TV-uitsending op VIA (kanaal 147 op DStv) bekend gemaak word.
Die Aitsas beloon kunstenaars in ’n wye verskeidenheid kategorieë, onder meer:
- Album of EP van die jaar
- Alternatiewe/Rock-liedjie van die jaar
- Ballade van die jaar
- Geestelike liedjie van die jaar
- Klankbaan vir ‘n film- of TV-produksie
- Klassieke/Instrumentale snit van die jaar
- Kletsrym liedjie van die jaar
- Kontemporêre liedjie van die jaar
- Lewenslange Bydrae
- Liedjieskrywer van die jaar
- Meeste stromings: Manlike kunstenaar
- Meeste stromings: Vroulike kunstenaar
- Meeste stromings: Duo of Groep
- Musiekvideo van die jaar
- Nuweling van die jaar
- Popliedjie van die jaar –
- Sokkie liedjie van die jaar
- Vervaardiger van die jaar; en
- Afrikaanse liedjie van die jaar
- Vervaardiger van die jaar (duplikaat – sien bo)
- Afrikaanse liedjie van die jaar (ditto)
Vir elke kategorie, behalwe Afrikaanse liedjie van die jaar, sal ses finaliste bekend gemaak word.
Die finaliste sal ook deur Pretoria FM in Oktober aan luisteraars bekend gestel word, terwyl VIA weer as mediavennoot help om die viering van Afrikaanse musiek wyd te dra.
Spies sê die Aitsas bied steeds ’n onafhanklike platform waar kunstenaars op grond van hul uitmuntende prestasie beloon word:
“Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek. Hierdie jaar se Aitsas is ’n besonderse mylpaal, aangesien dit saamval met die viering van Afrikaans 100,” sê hy.
Vir die nuutste nuus oor die Aitsas 2025 kan luisteraars Pretoria FM se uitsendings en sosiale mediaplatforms dophou.