Die Wêreld-meteorologiese Vereniging (WMV) se jongste Afrika-klimaatsverslag dui daarop dat die afgelope dekade die warmste op rekord is.
Om dit te kroon was 2024 die warmste – of die tweede warmste jaar op rekord – afhangende van watter datastel in ag geneem word.
Volgens dié verslag weerspieël die onlangse uiterste weerpatrone – wat ook in Suid-Afrika beleef is – klimaatsverandering wat hongersnood gaan aanmoedig.
Die vereniging wys daarop dat klimaatsverandering elke faset van die vasteland se sosio-ekonomiese ontwikkeling gaan beïnvloed.
In die weste van Afrika het vloede meer as 4-miljoen mense geraak, met duisende mense wat verplaas is.
One Response
Hi
Waar is jul webwerf se soek funksie?
Op soek na n geleentheid wat on een van die programme wndk genoem was van klassiekie mash up quiz night
Help n bietjie