Luister nou

AfriForum wil dringend met polisieminister oor plaasaanvalle vergader

Deur Pretoria FM Nuusspan

17 Januarie 2025

 Die burgerregtegroep, AfriForum sê hy versoek ‘n dringende vergadering met die minister van polisie, Senzo Mchunu, oor ‘n toename in plaasaanvalle.

Volgens Afriforum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk was daar minstens 33 plaasaanvalle, en sewe moorde van die begin van Desember af.

“In sommige gevalle is die slagoffers aangerand en selfs gemartel.”

Hy sê hierdie tendens het landelike gemeenskappe toenemend kwesbaar gelaat en ernstige kommer oor veiligheid, voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit laat ontstaan

Broodryk sê samewerking is van die uiterste belang om dié probleem te takel.

Hy meen hierdie aanvalle bedreig nie net mense se lewens nie, maar stel ook die toekoms van die land se landbousektor in gevaar.

“Die voorgestelde vergadering met Mchunu het ten doel om beter samewerking tussen AfriForum se veiligheidstrukture en die SAPD te bewerkstellig, met die fokus op verbeterde kommunikasie, gekoördineerde operasies, kapasiteitsbou en gemeenskapsbetrokkenheid,” sê Broodryk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Ander Nuus Artikels

Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Luister nou