Luister nou

AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum Jeug sê talle vrae oor ‘n onlangse “sangoma-ritueel” by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Eikenhof-dameskoshuis is nog nie beantwoord nie.

Die NWU het verlede maand ‘n skrywe aan die jeugorganisasie gerig waarin hulle bevestig het dat hulle ‘n ondersoek gedoen het en dat geen bewyse, volgens die NWU, vir die bewerings van ’n sangoma-ritueel gevind kon word nie.

Sommige studente het in April ‘n video aan AfriForum Jeug verskaf waarin ‘n student gil, terwyl ‘n sangoma-ritueel glo op haar uitgevoer is.

LEES OOK: KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

‘n Jeugbeampte by AfriForum Jeug, Yvonne Gerber sê die organisasie dring nou in ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan op omvattende antwoorde rakende dié ondersoek.

Gerber meen daar is talle leemtes in die NWU se terugvoer oor dié insident en dat die universiteit nie genoegsame of gerusstellende antwoorde bied nie.

LEES OOK: NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

“Indien dit dan nie, soos die inwoners beweer het, ’n sangoma-ritueel was nie, wat was die oorsaak van die gille wat inwoners deur die loop van daardie aand moes aanhoor? Die universiteit het tot dusver geen alternatiewe verduideliking gebied vir die insident nie ten spyte van die kommer wat onder inwoners daaroor bestaan,” sê Gerber.

Sy sê die NWU se “stilswye en gebrek aan deursigtigheid” oor hierdie voorval wek ernstige vrae oor die institusionele aanspreeklikheid en studente se veiligheid op kampus.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou